Olimpiese Somerspele 1924

Spele van die VIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1924

Gehou in Parys, Frankryk
Deelnemende lande 44 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 3 089 (2 954 mans, 135 vroue)[1]
Items 126 in 17 sporte[2]
Openingseremonie 4 Mei 1924
Sluitingseremonie 27 Julie 1924
Amptelik geopen deur President Gaston Doumergue[3]
Atlete-eed Georges André (atleet)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele 1920: Antwerpen (België)
Volgende Spele 1928: Amsterdam (Nederland)

Die Olimpiese Somerspele 1924 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 1924), amptelik bekend as die Spele van die VIIIste Olimpiade, is tussen 4 Mei en 27 Julie 1924 in Parys, Frankryk, aangebied. Parys is gekies om dit aan te bied bó Amsterdam, Barcelona, Los Angeles, Praag en Rome.[4] Dit was ná 1900 die tweede Olimpiese Somerspele wat in die Franse hoofstad plaasgevind het. In 1924 het Frankryk ook die eerste Olimpiese Winterspele aangebied, in Chamonix-Mont-Blanc in die Alpe.

Presies 100 jaar later sou Parys die Olimpiese Somerspele 2024 gaan aanbied. Een van die Olimpiese Somerspele 1924 se stadions sal na verwagting vir hierdie Olimpiese Somerspele ingespan word: Die veldhokkiewedstryde sal in die Stade Olympique Yves-du-Manoir beslis word.

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 3 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 3 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 3 Maart 2018.
  4. (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 3 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search